Dis hoe dinge staan. Ek het my veloofde in 2008 ontmoet en alhoewel beide van ons in 'n Christen huis groot geword het wil dit vir my voorkom of ons nie oor baie goed saam stem wanneer dit by ons geloof kom nie. Ek het AGS groot geword en sy het NG groot geword. Ek is in 2006 gedoop(groot) in my AGS gemeente op die tyd en het van toe af 'n baie meer toegewyde lewe begin lei. Sy het onlangs haar hard vir die Here oopgemaak, maar stem nie saam met die doop nie, sy sien dit nog op die staduim as 'n tradisie van die AGS. Beide van ons is tans in dieselfde 'non-denominational' kerk in George, Wes-kaap. Die kerk vind sy oorsprog in die AGS, maar het lede uit verskeie ander kerke. Enige idees oor hoe mens die verskille benader, want die doop is maar net een, ander verskille wat ons opmerk is spreuke in tale, hande klap ens. Die gewone goed wat skeiding tussen gemeentes en mense veroorsaak, hoe sad dit ookal mag wees, dit gebeur.
Ons is tog almal kinders van God, ons is veronderstel om dieselfde oortuigings te he in ons hart van wat beginsels van Christen wees is en wat tradisie is.
Buiten die' een het ek nog klop goed op my brein oor trou so as iemand in dieselfde situasie is of was sal ek julle input wardeer.
Vriendelike groete,
Fossil
Quote:
"As jy 'n perfekte dinominasie kry, moenie aansluit nie, want jy gaan dit spoil"
