by marissat » Mon Aug 24, 2009 1:27 pm
Hi Andre,
Baie dankie vir Sondag se preek en veral die moete wat gedoen was om die laaste 20 minute so wonderlik te maak
Ek en Sanet het die konsep van die verdeling in groepe baie geniet en ons dadelik aangesluit by die musiekgroep alhoewel ek dink dat jy sal jou, afhangende van jou gemoed op die dag, ook kan aansluit by een van die ander groepe. Die Here se teenwoordigheid was vir ons beslis meer as ander keer
El sou graag wou sien dat dit ‘n instelling word en op ‘n gereelde basis gedoen word – ons sal verbaas wees met die resultate. Ons is groot voorstanders van sang in die kerk en dit skep ‘n wonderlike klimaat om ontvanklik te wees vir die Woord
Baie dankie
Gerrit en Sanet Burger